Geleë in die hartjie van die Dinokeng Game Reserve
Huisreëls en ander belangrike inligting
Dankie vir u navraag oor Veldjie Huis.
I n l i g ti n g s tu k
Ons is geleë binne die grense van die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat en is toeganklik deur die Wilderness Way hek, op die De Wagendriftpad.
Veldjie Huis bied die volgende:
2 x En-suite slaapkamers met koning-grootte- en enkelbeddens elk
2 x Kamers wat 'n rolstoelvriendelike badkamer deel, met 'n koning-grootte bed en 'n 3/4 bed elk.
1 x Loft met 'n koning-grootte bed, wat die bogenoemde badkamer deel.
'n Groot oopplan kombuis, eetkamer, TV-kamer, kroegarea en 'n aparte skottelgoedkamer met 'n skottelgoedwasser en wasmasjien.
'n Buite-boma, swembad en 'n kinderspeelarea.
Die kombuis is ten volle toegerus, en linne en badhanddoeke word voorsien.
'n Sleutel/breukdeposito van R1000.00 is betaalbaar op of voor aankoms en sal terugbetaal word sodra die huis skoongemaak en nagaan is na vertrek.
Hout en ys is per sak beskikbaar, hierdie kan vooraf gereël word.
Ons versoek vriendelik ons gaste om ander vakansiegangers in die park in ag te neem wanneer musiek gespeel word en ander geraas veral na sononder. Hou asseblief die volume laag.
Dinokeng Parkfooie:
https://dinokeng.plnktn.io/
Geleide wildritte en toere kan ook gereël word en moet asseblief vooraf gedoen word.
Ons sien uit na julle verblyf.
Vriendelike groete
Dawie & Cornelia Malan