Geleë in die hartjie van die Dinokeng Game Reserve
Veldjie Huis is 'n huislike maar moderne Boswegbreek wat deur die natuur omring word.
Neem asseblief kennis:Veldjie Huis is 'n 14 slaapplek eenheid en word as 'n volledige eenheid verhuur, en nie per kamer nie.




Die kalmerende effek van die natuur
Geniet 'n vreedsame ontvlugting in die natuur wat jou sal wegneem van die gewoel en gewerkskaf van die moderne lewe. Veldjie Huis is 'n unieke bestemming wat sy gaste lok met sy kalmte en warmte.
'n Ontvlugting wat jou siel voed.
Veldjie Huis is geleë in die hartjie van Die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat, omring deur die natuur waar jy 'n unieke hoekie weg van die geraas, tussen Suid-Afrika se GROOT 5 sal ervaar. Dit is die perfekte plek om weg te kom van die stad se gewoel en te ontspan in die hartjie van die natuur.




Kom geniet ons gesinsvriendelike swembad terwyl jy onthaal en ontspan in ons pragtige Boma
Gemaak vir 'n gemaklike braai-ervaring en ure se genot by die kampvuur
Ons bied ook...
Ons Voël uitkykpunt by die watergat
Skadu
parkering
Veilige heinings reg rondom
Vrylopende SA Groot 5 en ander wild
Ontspanne en huislik moderne atmosfeer slaapkamers




Suikerbekkie
(Slaap 3)
- Koning grootte Bed
- Enkel Bed
- Gedeelde badkamer




Troupant
(Slaap 3)
- Koning grootte Bed
- 3/4 Bed
- En-Suite badkamer




Hoep Hoep
(Slaap 3)
- Koning grootte Bed
- Enkel Bed
- Gedeelde badkamer



The Loft
(Slaap 2)
- Koning grootte Bed
- Gedeelde Badkamer


Uil
(Slaap 3)
- Koning groottte Bed
- 3/4 Bed
- En-Suite badkamer
Om jou te verwelkom
Om alles perfek te laat werk vir jou verblyf, is jou gasheer en regterhand, Jeffery, op die perseel.