Home – Slider
-
Welkom By Veldjiehuis
Kom ervaar ons enig van sy soort bosveld avontuur vir slegs R5000 'n nag.
-
Lieflike braai area
Kom ervaar 'n Afrika nag langs 'n braaivleisvuur saam met goeie vriende of familie.
-
-
-
-
Asemrowende natuurskoon
Word soggens wakker met die bosveld en Groot 5 op jou voorstoep.
Oor Veldjie Huis
Word wakker met die Koning van die bosveld wat vlak by Veldjiehuis die rooidag groet. Ervaar n olifant trop en verskeie ander wildsoorte wat vroeg soggens of laat skemer hulle dors in die standhoudende Boekenhoutspruit, skaars 300 meter van Veldjiehuis kom les. Ons is geleë in die Dinokeng Groot 5 Wildreservaat. Veldjiehuis beskik oor die volgende geriewe: • 4x Slaapkamers wat 3 persone met gemak kan huisves genaamd Troupant, Uil, Hoep-Hoep en Suikerbekkie. • Elke kamer beskik oor 'n koningsgrootte bed en addisionele enkelbed. • Die beddens kan uitmekaar geskuif word (3x enkelbeddens). • Die twee hoofslaapkamers (Troupant en Uil) het hulle eie en-suite luukse badkamers vir privaatgebruik. • Die ander twee slaapkamers (Hoep-Hoep en Suikerbekkie) deel n gesamentlike badkamer. • Elke badkamer bestaan uit n bad, stort, wasbak en toilet. Met ‘n groot leefarea, ten volle toegeruste kombuis, lieflike stoep en boma, maak dit ‘n lekker kuier huis.










Geleë in die Dinokeng wildreservaat
Ons is geleë in die hart van die Dinokeng wildreservaat 60km noord-oos van Pretoria. en net 110km vanaf OR Tambo internasionale lughawe.
Wat die huis jou bied!
10-12 Mense kan gemaklik slaap vir slegs R4000 per nag weeksdae en R5000 per nag oor naweke. Kom ontspan in die wonderlike natuurskoon. Kyk gerus na wat ons jou bied.
Geriewe
• 4 Slaapkamers, twee en-suite badkamers, en ook n addisionele badkamer vir algemene gebruik. • n Ten volle toegeruste kombuis, sitkamer met kuierarea, 'n tafeltennis tafel en ‘n Pool tafel. • Die grootste deel van die huis word omring deur ‘n pragtige stoep waarop kuiergaste lui lekker kan sit en ontspan en die bosveld in al sy glorie beleef. • ‘n Pragtige boma met braaigeriewe sorg vir groot kampvure en heerlike kuiers saans.
Safari's
• Groot 5 wildsritte word addisioneel met die bestuurder gereël as ook heerlike Sundowner ritte. • Die Groot 5 bos uitstappies saam met baie ervare gidse is 'n moet. • Besoekers kan met die nodige permitte ook self ritte met hulle eie voertuie onderneem. • Van hierdie roetes is ook spesifiek vir 4x4 voertuie uitgelê, maar meeste van die ander roetes kan met gewone voertuie met medium grondvrye hoogte gery word.
Veldjie Kiosk
• Heerlike ontbyt, middagetes en aandetes kan met Veldjie kiosk gereël word. • Die kiosk, skaars 1 kilometer van die huis af, is veral bekend vir hulle moerkoffie met kondensmelk en die heerlike roosterkoek ontbyte.
Fauna en Flora
• Ons grootste aantrekkingskrag in Dinokeng is natuurlik die teenwoordigheid van die Groot 5. • Die unieke dierspesies sluit ook die Swartrenoster en die Jagluiperd in. • Die bruin hyenas word gereeld om die gastehuis gesien. • Wildsoorte sluit kameelperde, zebra’s, blouwildebeeste, kudu’s, en meeste van die algemene boksoorte in. • Dinokeng is ook 'n voëlkykers paradys. Unieke voëlsoorte soos die breëkoparend, visarende, aasvoëls en kleiner voëlsoorte kan hier gesien word. Biome van doringveld, savanna, klipkoppe en vleilande kom in die park voor.
Geriewe
Die huis slaap 10-12 mense gemaklik
Veldjie huis beskik oor 4 x kamers met ‘n koningsgrootte bed elk. Die beddens kan uitmekaar geskuif word vir 3 x enkelbeddens.
Veilige Parkering
Wees verseker jou motor is veilig hier by ons!
Tenvolle toegeruste kombuis, sitkamer en kuierarea en 'n pragtige boma en braai geriewe
Dit alles sorg vir 'n baie lang en lekker kuiers en ontspanning.
Asemrowende Natuurskoon
Die huis word omring met bos en die beste uitsigte.
Naby aan publieke vervoer
Geleë skaars 60 km vanaf Pretoria en net 110km vanaf die OR Tambo internasionale lughawe.
'n Beveiligde Swembad
Die swembad, toegerus met 'n veiligheidsseil om kinders te beskerm, is altyd reg om jou heerlik af te koel.
Naby aan publieke vervoer
Motorfietse word nie in die reservaat toegelaat nie.
Besoekers is welkom om fiets te ry in omheinde area's.
Kinders is welkom om in die omheinde area om die huis met hulle fietse te ry.
Kontak ons
Kontak ons gerus vir meer inligting en om 'n bespreking te maak.